Visie en Missie

Visie “n Nuwe avontuur …” Missie Raamwerk van ‘n Christelike lewensbeskouing wat die geleentheid verdien om optimaal te ontwikkel. ‘n Veilige omgewing waarin die kind kan ontdek en hul volle potensiaal op alle gebiede kan verwesenlik, met perseptuele vaardighede, motoriese vaardighede, sosiale interaksie en buitemuurse aktiwiteite. Om ‘n omgewing te skep met ‘n gelukkige kleuter waar leer en plesier ‘n
gebalanseerde deel van elke dag se roetine is. Al die personeellede moet rolmodelle wees vir die kinders. Ons glo dat elke kind uniek is en dus is die personeel opgelei om leeraktiwiteite volgens ontwikkelingsvlak aan te bied.
Ouers is die belangrikste figuur in die kind se lewe, daarom is ouerbetrokkenheid ‘n prioriteit.
Ouers sal op alle vlakke van die kind se ontwikkeling betrek word.

Opvoedkundige beginsels

1. Ons handhaaf onbeskaamd ‘n Christelike lewens-en –wêreldbeskouing waarin ons, ons afhanklikheid van God in alles wat ons doen, elke dag bely. 2. Ons onderrig geskied uitsluitlik in Afrikaans en Engels in Gr.R en dubbel medium. 3. Onderrig geskied in Gr. RRR en RR binne die opvoedkundige beginsels en aanvaarbare norme
rakende die leerders se bepaalde ouderdomme. 4. Die drakrag van die skool met inagneming van klaskamergeriewe, klasgroottes en personeeltoewysigings word nie oorskry nie, ten einde sinvolle onderrig te verseker.
5. Toelatingsouderdom:
Gr 0000: 18maande tot 2jaar.
Gr 000: Die jaar waarin die kleuter 4 word.
Gr 00: Die jaar waarin die kleuter 5 word.
Gr 0/R: Die jaar waarin die kleuter 6 word

Belangrike reëls

Die kleuterskool is onderworpe aan reëls en regulasies soos bepaal deur die Beheerliggaam van Laerskool Kalie de Haas. Ons het ook ons eie Kleuterskool reëls en u as ouers se samewerking met die handhawing daarvan sal baie waardeer word. Dit kan slegs tot voordeel strek van u kind wat u in ons sorg toevertrou.

Die aflaai en afhaal van leerders.

Ons wil die ouers versoek om indien moontlik hul kleuter/s soggens self by die wagklas te besorg en om hul smiddae self weer te kom haal. Indien u nie self u kleuter/s by die skool kan kom haal nie, moet u asseblief die klasonderwyser persoonlik of skriftelik in kennis stel van die persoon wat u kleuter wel sal kom haal. Die kleuterskool het ‘n privaat ingang, op die hoek van Dr. Nelson Mandela weg en George straat, wat slegs vir die gebruik van kleuters en hul ouers bedoel is.
Ons vra dat ouers slegs van dié ingang gebruik sal maak om sodoende ‘n veiliger omgewing vir die kleuters te skep.

Skooltye

Die oggend-wagklas sal vanaf 06:45 oop wees. Skool begin om 07:25, sorg asseblief dat u kleuter betyds is. Kleuters kan vanaf 12:00 gehaal word.
Ons vra egter dat Graad R leerders eers om 13:00 gehaal sal word. Middagsorg tye is Maandag – Vrydag vanaf 13:30 tot 17:15.

Kleredrag

Kleuters kom met speelklere skool toe. Sorg asseblief dat daar altyd ‘n ekstra stel skoon klere en onderklere in u kleuter se tas is. Kleuters kan in die somer sonder skoene skool toe kom, aangesien kaalvoet loop noodsaaklik is vir gesonde voetontwikkeling. Kalie Klitsie T-hempies word elke Vrydag asook op uitstappies gedra.
Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees.

Fondsinsamelings

Daar word gedurende die jaar verskeie fondsinsamelings-projekte gehou.
Ons vra dat die ouers ons hierin sal ondersteun.
Die fondse wat ingesamel word, word aangewend tot voordeel van die kleuters.

Snoepie, Roomys, Springmielies en Milo.

Elke Vrydag word daar snoepie pakkies verkoop.
Ouers kan vooruit betaal vir die maand of op ‘n daaglikse basis betaal. Somermaande word daar roomys op Woensdae verkoop. Wintersmaande word daar Milo verkoop.

Speelgoed

GEEN speelgoed mag skool toe gebring word nie.

Siekte

Kleuters met aansteeklike siektes mag nie skool bywoon nie. Indien u kleuter afwesig is, moet u asseblief die skool in kennis stel deur die onderwyser
of kantoor te skakel.
Geen medikasie sal toegedien word sonder die skriftelike/persoonlike toestemming van 'n ouer nie. Indien 'n kleuter baie siek is moet u liefs nie die kleuter skool toe stuur nie. Hou die kleuter tuis totdat die kleuter gesond genoeg is om aan die daaglikse skoolaktiwiteite deel te kan neem.

Kwartaalprogram

Aan die begin van elke kwartaal sal daar ‘n kwartaalprogram
aan die ouers gegee word. Op die program sal al die belangrike datums aangedui word sodat ouers vroegtydig kennis dra en vooruit kan beplan. Die program is onderhewig aan verandering a.g.v. omstandighede buite ons beheer.

Briewe

Elke kleuter ontvang ‘n briewe boek, alle briewe word daarin geplak. Ouers moet asseblief by die brief teken sodra die brief gelees is. Die briewe boek moet altyd in u kleuter se tas wees.

Verjaarsdae

U is welkom om vir u kleuter 'n klaspartytjie by die skool te hou.
U kan gerus die partytjie-goedjies saamstuur skool toe.
Partytjies word tussen 11:00 en 12:00 in die betrokke kleuter se klas gehou.
So verseker ons dat kleuters eers hul kos eet en werkies afgehandel alvorens daar partytjie gehou word.

Vorderingsverslae

U sal aan die einde van elke kwartaal ‘n vorderingsverslag van u kleuter ontvang.

Gradeplegtigheid en konsert

Gedurende die laaste kwartaal sal daar ‘n spesiale funksie vir al die leerders gehou word. By die geleentheid sal elke kleuter “Graad” ontvang. Konsert kan op een van twee maniere geskied nl. Die kleuterskool vorm deel van die Laerskool se konsert of die kleuters sal apart konsert hou waar die gradeplegtigheid deel van die aand sal wees.

Algemeen

U word vriendelik versoek om enige probleem rakende u kleuter onder die aandag van die klasonderwysers te bring. Ouers word gevra om ook die klagteboek te voltooi, sodat probleme opgevolg kan word. Sodoende word moontlike probleme in die toekoms uitgeskakel.

Verversings

Ouers word gevra om asseblief die leerders van ‘n gesonde kospakkie te voorsien. Hou asseblief die kosblik so gesond as moontlik.
Beperk die lekkernye en geen gaskoeldrank nie. Koeldrankbottels moet so prakties as moontlik wees om te voorkom dat
koeldrank mors en in die kleuters se tas lek. Pouse is om 09:30 elke oggend.
Kleuters kry die geleentheid om hul kossies te nuttig.

Naskool

Naskoolfooie is ingesluit by skoolgeld

Middagsorg

Kos
Elke leerder moet 'n aparte middagete kospakkie en iets om te drink van die huis af bring.
Middagslapie Elke kleuter word voorsien van 'n matras om op te rus
Gedurende die wintertyd word daar versoek dat u vir u kleuter asseblief 'n kombers
saam stuur om die koue af te weer.
Naskool ure
Die afsnytyd vir die middagsorg is 17:15
Hou asseblief stiptelik daarby aangesien ons die Juffrou ook in ag neem.
Indien ouers herhaaldelik laat is om u kind betyds te kom haal, sal 'n boete van R50 per keer gehef word en by die skoolfonds gevoeg word.

Gradeplegtigheid

Atletiek

Klitsies Fliekdag