Netbal
Kalie-netbal bied aan ons dogters die geleentheid om vaardigheid aan te leer sodat elkeen hul volle potensiaal op die veld binne spanverband kan bereik. Mini-Netbal: Dogters vanag 0/7 tot 0/9 speel Mini-Netbal.
Hier leer hulle die basiese vaardigheid aan en gebruik dit dan in vrienskaplike wedstryde. Hulle roteer en kry kans om in elke posisie te speel. Die dogters vanaf 0/8 en 0/9 neem deel aan Mini-Netbal feestoernooie.
Senior-Netbal: Ligawedstryde vind gedurende die tweede kwartaal plaas. Alle dogters 0/11 – 0/13 speel en neem deel aan ligawedstryde. Elke ouderdomsgroep het twee bekwame afrigters.



